IN-IE KOELTE
Net ʼn lekker geselshoekie waar ons in die digte koelte van ʼn Noord-Kaapse Witgatboom of ʼn Bosveldse Matoppie ʼn paar woorde kan breek – hetsy die hart skoonmaak; gedagtes rondgooi of sommer net vreugdes deel of saam kla en lag. En so-by-só, in mooi en maklike praat-Afrikaans! Epos: louw@louw.co.za
27 Augustus 2008 – Epos vanaf Kanada:
“Daai www.louw.co.za website kook! Ek hou baie daarvan. Dit is 'n mooi en skoon uitleg. Baie geluk!” (Stephen Pienaar).
3 September 2008 – Epos vanaf Boksburg:
“Dankie vir die kaartjies. Ons het Afrikaanse vriende en kennisse in verskeie oorsese lande. Dié wat nie huis toe verlang nie, gáán nog verlang. Hoop jou groetekaartjies kan bietjie troos.
“Dis ook ʼn uitstekende idee om hierdie kaartjies sommer as Kerskaartjies te gebruik. Met ʼn relatief goedkoop blokmontering en op die regte plek gehang, kan dit nog lank baie plesier verskaf en herinneringe lewend hou.”
(Broers Dooley).
10 Oktober 2008 – Geraam of Ongeraam: (ʼn telefoongesprek)
ʼn Voornemende koper bel vanoggend om te hoor of die vlaktelandskap op my web waarin hy belangstel, behoorlik en paslik geraam is.
Uit die antwoord op my versoek om asseblief ‘paslik’ meer breedvoerig te omskryf, blyk dit uiteindelik dat vroulief haar bekommer of die skildery se raam sal inpas by die styl en prys van die ander in dieselfde vertrek. Wel, ek weet nie. Ek kan net praat oor wat vir my werk.
“My waarheid is dus: “Ek verkies ʼn gespande doek oor ʼn raam 2.5 cm (1 dm) dik. Aan die einde word die buiterande van die raam met ʼn donker kleur afgerond op ʼn manier dat dit nie van voor sigbaar is nie. Dan is ʼn raam nie nodig nie.
“Waarom? ʼn Goed ontwerpte landskap se komposisie ‘vervolg’ gewoonlik sywaarts en dikwels ontmoet perspektiewe mekaar ‘buite’ die fisiese prent, terwyl kleurperspektiewe gewoonlik opwaarts neig. Daarom dat ʼn raam – enige raam dik of dun, breed of smal - altyd ʼn goeie landskap in ‘huisarres’ plaas en niks vir die toeskouer se illusiële ervaring oorlaat om sy eie bewussyn binne die konteks van die landskap te beleef nie.
“Hierteenoor is portrette meer introvert van aard en in ʼn verskeidenheid van grade ook emosioneel belaai – afhangend van die kunstenaar se aanvoelingsvlak en vaardighede. Portrette is dus met gemak tuis en soms selfs knus in ʼn raam.
“Stillewes pendel dikwels tussen die twee voorgenoemde genre – gewoonlik met ragfyn verskillende potensiaal, terwyl die tipe, profiel en afwerking van die raamlys soms deurslaggewend kan wees.”
(Ander sieninge is welkom – Louw)
23 Oktober, 2008 - Epos vanaf Centurion:
“Die webwerf lyk ‘stunning’. Ek hou van die tuisblad met die ry skilderye bo-aan. Dit maak ʼn mens sommer lus om verder te kyk - en al die interessante stories te lees. Baie leersaam.” (Christina Stone).
Address: P.O. Box 765 : SILVERTON – 0127 : PRETORIA : Rep. of South Africa
Mobile: +27 (0)82 853 6735 |