Home         Paintings            Woordprente          Enquiries          Prints          Greeting Cards          IN-NIE KOELTE


Louw Pretorius

" WEST WIND STORM " NEW

Nikodemus
Wat het dié man met donkermaan gedring...
stofgolf ná -golf in die verneukpan van eie menswees –
skaamte, hunker, skuld of sommer net 'n drang?

Laat uur ten spyt, was die deur wyd oop en hy in gulheid
toegevou in 'n hart wat ken en ruimte skep vir vragte
bagasielas van 'n leeftyd se wonder en soeke na helderheid!

Kan dit wees dat die mens-word proses die sleutel dra
na die Skakelaar van die helderste Lig?

Die wagwoord is die dialek:
“Wind is Gees en Gees is wind...”
presies soos die fluistering in blaretaal
tóé, in die eerste tuin se aandwind...
Nou’s die volle losprys vol betaal -
met Sonop – jou eie middernag!
(Joh. 3:1, 4, 9; 7:50; 19:39)

Home         Paintings            Woordprente          Enquiries          Prints          Greeting Cards           IN-NIE KOELTE

louw@louw.co.za

Address:  P.O. Box 765 : SILVERTON – 0127 : PRETORIA : Rep. of South Africa
Mobile: +27 (0)82 853 6735

Design & Production by AD-land